{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

 

                                                 

 

                                               

 

 

 

 

Lêplek van die Leeu het 'n nuwe missie, 'n nuwe fokuspunt en 'n nuwer loop as wat die geval was met die vorige vier boeke wat reeds verskyn het.

In hierdie boek word die openbarings daarop gefokus om die Gees van Yahuwah in ons te ontdek. Ons word begelei om te groei in eenheid met Abba, maar veral ook om te ontdek hoe Pappa Vader deur Sy oneindige liefde ons toelaat om Hom te vind, te ontdek en te leer ken. Hy leer ons hoe om 'n verhouding met Hom te bou sodat Sy skeppingsdoel met ons as mens, naamlik om Sy verteenwoordiger en vriend op aarde te wees, weer in volle reg herstel kan word.

Geen een van my vorige openbarings-boeke het my lewe so diep aangeraak soos Lêplek van die Leeu nie. Die dag toe die Leeu met die oë van lig my lewe binnegestap het, het my insig, liefde en begrip reuse spronge gemaak en is ek gelei na 'n geestelike vlak waar ek nog nooit voorheen was, of ooit op my eie sou kon kom nie.

Deur die liefdevolle begeleiding van my hemelse Pappa kon ek Hom op 'n ander vlak leer ken en lief kry. Ek kon weer Sy Eva word, Sy Ahavah, iemand wat Sy verteenwoordiger op aarde is om Sy Naam groot te maak en aan Hom die eer te gee as Skeppergod.

Mag Lêplek van die Leeu ook in jou hart 'n rusplek vind.

INHOUD
 
Inleiding
 
1. Die Leeu                                                     
2. 'n Reis dieper in die Tuin                            
3. Die Lied                                                      
4. Die Boekrolle                                              
5. Woorde wat lewe                             
6. Die Sluier                                         
7. Terug op die Eiland                         
8. Agter die goue Gordyn                     
9. Verdwynende Aardbol                    
10. Skuilplek                                     
11. Die Bul        
12. Mantel van Vryheid 
13. Die rooi Deur 
14. Die sewe Mere 
15. Die Bloed-gordyn 
16. Nuwe Klank 
17. Gesiggiester-skulp 
18. Pêrel-strand 
19. Waterval met Lewende Water 
20. Olie-deurdrenkte Bladsye 
21. Besnydenis van oë
22. Die eerste Bladsy
23. Die tweede Bladsy
24. Boek binne-in die Boek
25. Die Bootjies
26. Die vlammende Kool
27. Sy Wonde
28. Pyle uit die Kokers
29. Die Man met die woorde
30. Binne-in die fontein van nuwe begin
31. Die nuwe Stad
32. Boek van Klip
33. Binne-in Pappa Vader se oog
34. Vars Profesie
35. Kruik met geur
36. Die muntstukke
37. Tydlose Trompette
38. Fonteine van gehoorsaamheid
39. Die Kristalstad
40. Leeu se Rusplek